Mookgopong, Limpopo, 南非
1/30

US$92,882 USD

ZAR1,550,000

待售房屋, Mookgopong, Limpopo, 南非

  • MLS#2998861
  • 2
  • 2
  • 127 m²

房源來自 Century 21 Bushveld

位於Mookgopong, Limpopo, 南非的待售 主頁 現在正在出售。Mookgopong, Limpopo, 南非的掛牌價為 US$92,882 。此物業具有2 間臥室, 2 間浴室項特征。

更新日期: 2025年12月24日

物業特點

房產

  • 物業面積: 127 m²
  • 特色: 陽台

停車場/車庫

  • 專用/預留車位: 1.0

臥房

  • 臥房: 2

浴室

  • 浴室總數: 2

其他房間

  • 房間類型: 廚房
  • 廚房: 1

外部特徵

  • 戶外空間: 陽台
  • 有蓋車位:

描述

Hierdie knus maar verrassend ruim huis is geleë in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed, bekend vir sy aktiewe leefstyl en uitstekende gemeenskapsfasiliteite. Hier kan inwoners geniet van aktiwiteite soos jukskei, voël- en boomkyk-groepe, staproetes deur die natuurreservaat, mini-gholf en nog vele meer—en natuurlik die heerlike groot warmwaterswembad.

Wanneer jy by die dubbel-afdak instap, is die motorhuis (met ekstra lengte) aan die linkerkant. Die wasmasjien is hier gerieflik geïnstalleer en ’n deur lei vanuit die motorhuis na die tuin. Aan die regterkant is die hoofslaapkamer met sy eie deur na die tuin, asook die ruim en-suite badkamer wat volledig rolstoelvriendelik ontwerp is.

Verder langs die kort gang is ’n groot skuifdeurkas vir ekstra stoorplek, met die gastebadkamer aan die regterkant. Die gastekamer—met ’n deur wat ook na die tuin lei—is direk oorkant die badkamer geleë. Van hier af stap jy in die oopplan kombuis-, eet- en sitkamerarea wat vloei na die lapa. Die lapa, met twee oop kante, bied ’n pragtige uitsig oor ’n rustige park waar wild (verskeie diersoorte) gereeld gesien word en ’n ryk voëllewe teenwoordig is.

Die grootste bate van hierdie eiendom is sy uitstekende ligging—buitengewoon privaat met ’n beeldskone uitsig vanaf die lapa, sitkamer en kombuis. Dit is die ideale afskaalhuis vir iemand wat nie op leefruimte of gerief wil inboet nie.

地區

Mookgopong, Limpopo, 南非

Mookgopong, Limpopo, 南非